pekanneut, pekanneut bome, pekanneut boompies, pekanneut kwekery, pekanneut bome te koop, pekanneut boompies te koop, pecan trees, pecan nut trees, pecan nursery, pecan trees for sale.

Ons Storie

LOGOWEBWELKOM BY WNG BOERDERY SE WEBTUISTE

Die Boerdery- eenheid het tot stand gekom toe oupa Willie Venter in ongeveer 1952 sy pakket by die spoorwee geneem het, waar hy Stasiemeester was, en die plaas “Die Vlakte” in die Bainsvlei-omgewing buite Bloemfontein gekoop het.

Daar het hy en pa Gert saam geboer totdat hulle in 1961 grond in Petrusburg gekoop het en in 1963 hierheen verhuis het. Die boerdery was oorspronklik n skaap, bees en droë lande boerdery waar mielies en koring verbou is in die Immigrant – omweging.

Willie, die oudste van die drie broers, het hom in 1974 by die boerdery aangsluit, Nico in 1980 en Gerhard, die jongste, in 1984. Saam met pa Gert het die drie broers moeilike tye saam deurgemaak, byvoorbeeld die droogte van 1982 tot 1987.

Die koms van die splitpunt in 1981 het n groot ommeswaai in die boerdery veroorsaak. Einde tagtiger jare het ons van die droë land plase van hand gesit en die besproeiing gedeelte uitgebrei.

Intussen het vyf, vierde generasie seuns ook by die boerdery aangesluit. Drie van ouboet willlie se seuns naamlik Gerdus, Eras en Willem, en toe twee van Nico se seuns naamlik Nico jnr en Jannie. Gerhard het drie dogters.

In 2006 het WNG Boerdery, wat eers as Venter boerdery bekend was, n besproeiingeenheid in Luckhoff gekoop en Nico het hom daar gaan vestig, vandag boer Nico jnr saam met hom daar. Gewasse wat daar verbou word is sojaboon, groen erte, mielies, koring, suikerbone en pekanneut bome is ook verlede jaar gevestig. Mielies reste word ook gebaal vir die beeste in Petrusburg.

Die boerdery in Petrusburg boer met mielies en sonneblomme op die droëlande, onder besproeiing word aartapples, uie, knoffel, saad sonneblom, droë wit bone en pekanneute verbou. ń Pekanneut kwekery, wat jong bome kweek, word ook bedryf. ń Beesboerdery word gebruik om die reste op die lande te benut.

Petrusburg soutwerke, wat sout myn, is ook vir meer as 40 jaar produktief onder die boerdery se vaandel. Die leuse van WNG Boerdery is: Saam bereik ons meer. Al die projekte wat ons aanpak, probeer ons doen na die beste van ons vermoë. Daarom is kwaliteit vir ons uiters belangrik, en is ons naam ons trots, so ook al die produkte wat ons daaraan koppel.